Claude Debussy

Claude Debussy
Agtergrondinligting
GeboortenaamClaude Achille Debussy
Gebore22 Augustus 1862
Sterf25 Maart 1918
GenresKlassiek

Claude Achille Debussy (22 Augustus 186225 Maart 1918) was 'n Franse komponis wat bygedra het tot groot vernuwing binne die Klassieke Musiek. Hy leef en werk veral in Parys waar meeste van sy indrukwekkende werke ontstaan het.

Hoewel die Franse komponis Debussy min direkte navolgers gehad het, was sy invloed op die musiek van die 20e eeu van groot belang. In die tydperk ná Wagner behoort Debussy tot diegene wat deur 'n herwaardering van die musikale materiaal - harmonie, melodie, ritme, klankkleur - die werkterrein vir komende geslagte verruim het. In sy veelsydige oeuvre, wat nie net deur Wagner, Moessorgski en andere beïnvloed is nie maar ook deur die literatuur, skilderkuns en eksotiese kuns, was natuurindrukke 'n belangrike bron van inspirasie.

(AchilIe) Claude Debussy, gebore op 22 Augustus 1862 in Saint Germain- en-Laye, het uit 'n baie eenvoudige gesin gekom. Deur die toedoen van die digter Paul Verlaine se skoonmoeder, mev. Mauté de Fleurville, wat sy natuurlike begaafdheid ontdek en dit deur middel van klavierlesse ontwikkel het, kon hy tot die Paryse Musiekkoriservatorium toegelaat word.

Vanaf 1872 het hy onder andere by Lavignac teorie, vanaf 1873 by Marrnontel klavier en vanaf 1880 by Ernest Guiraud (1837 -1892) komposisie gestudeer. Van 1879 tot 1882 het "AchilIe de Bussy" in die somermaande deur Europa gereis as huispianis van mev. Von Meck, die weldoenster van Tsjaikofski. Debussy het daarvan gehou om weelderig te lewe en het dit daarom geniet om aan huis van die Paryse gesin Vasnier te kom.

Aangemoedig deur mev. Vasnier, aan wie hy sy eerste liedere opgedra het, en met baie begrip gelei deur Guiraud, het hy al hoe meer op kom poneer begin konsentreer. In 1884 het hy die Premier Grand Prix de Rome verower met sy kantate “Enfant Prodigue. Die tweejarige verblyf in Rome, wat deel van die prys was, het Debussy nie baie geval nie.

Terug in Parys het hy al sy ou bande verbreek en aansluiting gesoek by die Paryse kring letterkundiges en beeldende kunstenaars rondom die digter Mallarmé. SimboIisme, die art nouveau en die belangrikste strominge in die filosofie en die sielkunde van die tyd, en veral die nuwe opvattings voor die wêreld van die droom, het sy werk beïnvloed.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search